WORD DEEL

Ons glo dat mense optimaal groei wanneer hulle nie net in rye sit en luister nie, maar in gemeenskap (groepe) prakties kan liefhê, dien, saam praat, saam dink en mekaar aanmoedig om te “doen”. Daarom wil ons graag ‘n gemeente van kleingroepe wees.

Daar is talle bestaande kleingroepe waarby jy kan inskakel, maar jy kan natuurlik ook jou eie begin!

Jy het slegs 3 mense nodig wat gereeld bymekaar wil kom om te geld as ‘n kleingroep. Jy kan natuurlik ook meer as dit wees. Vra dus gerus bestaande vriende of trek nuwe mense in. Laat weet ons as jy so ‘n groepie begin het/ wil begin – ons sal julle graag wil help om so goed as moontlik af te skop. Daar is talle hulpbronne en opleiding vir kleingroepleiers beskikbaar. Daar word ook weekliks in die kwartaal kleingroepriglyne op die webtuiste gelaai wat jy in jou kleingroep kan bespreek.

Indien jy wil deelword van ‘n kleingroep of jou eie kleingroep wil begin, stuur asseblief ‘n epos na lizari@ermoos.co.za of kontak die kerkkantoor.