VIDEOKAMERA BEDIENING

Die eredienste en ander belangrike gemeente-byeenkomste word met ‘n videokamera opgeneem sodat dit op die webtuiste geplaas kan word en op DVD beskikbaar is.

Wat het jy nodig?

Tegniese aanleg met ‘n sin vir fotografie.
30 Minute voor die diens om seker te maak dat die toerusting werk.  Vir die duur van die erediens op ‘n Sondag asook vir ander geleenthede wat opgeneem moet word.
Diensbeurte so elke derde of vierde Sondag indien genoeg mense belangstel.
Wil jy deel word van die span?

Kontak Johan Terblanche 0780666680