SONDAG SPAN
Die gasvryheidsbediening gaan daaroor om almal welkom te laat voel, besoekers en nuwe lidmate te identifiseer en deel te laat voel van die gemeente op verskeie maniere. Dit gaan daaroor om ‘n boodskap van liefde oor te dra selfs nog voordat mense in ‘n diens sit.
GAWES BENODIG
Gasvryheid
Diensbaarheid
Liefde vir mense en die vermoë om mense op hul gemak te stel
Kennis van gemeente-aktiwiteite en gemeente-dinamika
TYD NODIG OM BETROKKE TE RAAK
30 min voor eredienste, begin saam met die selgroep wat aan diens is.
30 min na die eredienste beskikbaar wees vir navrae by inligtingstoonbank as dit jou beurt is.
Kuier -en verhoudingsbou-tyd na die diens.
Kontak Tertia Jacobsz 082 335 5530