Jongmense is vir ons ongelooflik belangrik! As gemeente streef ons daarna om die jeug te bedien op ‘n manier waarby hulle aanklank vind – Jesus en die kerk is vandag nog net so relevant vir jongmense as 2000 jaar gelede! Real-wees, verhoudingsbou en dissipelskap met tieners is ‘n groot deel van wat ons doen, maar ons bedien ook die Woord op ‘n radikale manier aan hulle! Ons doen dit in groot groepe en kleingroepe. Ons glo dat praktiese ervarings geloof bou, so die Mosambiek uitreik is elke jaar ‘n wenner!

Wat het jy nodig?

As jy ‘n passie vir jongmense het kan die Here jou kragtig gebruik…

Liefde vir die Here wat jy graag met jongmense wil deel

Hope energie

Wat behels ons bediening?

Senior jeug is op Sondae 9 uur in die saal. Ons bid reeds van 8:15 af en soek die Here se hart vir elke jongmens. Ons bedien meestal die Woord aan die hele groep en bespreek dit dan lekker prakties in kleingroepe. Sommige Sondae is daar gesinsdienste (so 8-10 keer per jaar) wat ons almal saam met ons gesinne in die erediens is. Die Graad 11-groep het ‘n addisionele selgroep gedurende die week.

Ons Jeugbediening is VIBRANT end it sal jou lewe verander – kom word deel daarvan!

Enige kind wat wil inskakel of person wat wil deel word van die span, Kontak Rudi van der Berg 082 490 1759