LOFGROEP (BAND)   

Om die Here in Gees en Waarheid te aanbid is ‘n belangrike deel van ons eredienste.  Ons bediening is om die gemeente in lofprysing en aanbidding te lei voor en tydens die erediens deur middel van sang en musiek.

Beskrywing van wat bediening behels

Voorsangers as deel van die lofspan
Instrumentaliste as deel van die lofspan
Vorm deel van ‘n voltydse span wat samehorigheid en afhanklikheid van mekaar behels
Eie instumente kan gebruik word.  Die gemeente het ‘n elektroniese klavier, keyboard, dromstel en tamboeryn beskikbaar
Oefening op Donderdae aande en lofprysing op Sondag
Opnames van tyd tot tyd
Uitreike van tyd tot tyd
Audisies nodig

Gawes benodig

Musiek (Liefde vir musiek en om dit in diens van die Here te gebruik),
Instument kan bespeel (instrumentaliste),
Nootvas (vokaliste).
Hierdie bediening verg ‘n besonderse toewyding.

Tyd benodig om betrokke te raak

Een aand gedurende die week vir oefening en ‘n uur voor die erediens vir afronding op die Sondae van jou beurt.
Tydens die erediens.

Kontak Marjorie Stoffberg 082 809 7962