KLEUTERKERK

Ons bediening behels om kleuters (3-6 jaar) te bedien met Woord tydens eredienste op ‘n manier wat hulle verstaan.

Hoe verloop ons bedieningstyd?

Kleuters verlaat die erediens na die lofsang en beweeg na die kleuterlokaal. Hier doen ons ‘n ysbreker, sing saam, gee ‘n kort lering, aanbid en doen aktiwiteite om sentrale waarhede in te skerp.

Hierdie is dus nie ‘n oppas diens nie.

Gawes benodig

geduld, liefde vir kinders en betroubaarheid is baie belangrik
Dienslewering
Hulpverlening
Gasvryheid
Lering
Evangelisasie

Tyd benodig om betrokke te raak

Voorbereiding gedurende die week en die gereedmaak van hulpmiddele kan tyd neem.  Diensbeurte hang af van die hoeveelheid mense wat betrokke is.
Indien jy betrokke wil raak of meer inligting wil hê, kontak ons gerus.

Enige kind wat wil inskakel of person wat wil deel word van die span, Kontak Ewalda Kruger 084 899 8109