FUKSIES EN ONTHALE

Hierdie bediening funksioneer saam met geleenthede soos ons 4 weke van Dissipelskap-ontbyte, Kersontbyt en optredes waar daar kos bedien word. Die Funksies en Onthale span skakel met die kerkkantoor en terreinbestuurder om die omvang en begroting van die funksie te bepaal.  Hulle reël dan daarvolgens die maak van kos, die opruim van die lokaal en skakel met die Tema-skeppers indien die versiering van die lokaal nodig is.

Kontak gerus Lizari Dippenaar 0768403605 vir meer inligting of om deel te word!

MUSIEK EN DANSE

Om die Here in Gees en Waarheid te aanbid is ‘n belangrike deel van ons eredienste.  Ons bediening is om die gemeente in lofprysing en aanbidding te lei voor en tydens die erediens deur middel van sang en musiek.

Beskrywing van wat bediening behels

Voorsangers as deel van die lofspan
Instrumentaliste as deel van die lofspan
Vorm deel van ‘n voltydse span wat samehorigheid en afhanklikheid van mekaar behels
Eie instumente kan gebruik word.  Die gemeente het ‘n elektroniese klavier, keyboard, dromstel en tamboeryn beskikbaar
Oudisies nodig – skakel gerus om inligting oor ‘n oudisie te bekom

Gawes benodig

Musiek (Liefde vir musiek en om dit in diens van die Here te gebruik),
Instument kan bespeel (instrumentaliste),
Nootvas (vokaliste).
Hierdie bediening verg ‘n besonderse toewyding.

Tyd benodig om betrokke te raak

Ons oefen Donderdae aande van 18:00-20:00 en 7:30-8:30 voor die erediens vir afronding op die Sondae van jou beurt (jy dien nie elke Sondag in die span nie).

Kontak Marjorie Stoffberg 082 809 7962