DIEN IEWERS

Een van die beste maniere om te groei is om betrokke te raak en van jouself te gee. Alhoewel dit verseker iets van jou vra om te dien, glo ons jy sal vinnig ontdek hoe dit ook tot groei en verandering binne jou lei – dus kry jy eintlik iets daaruit.

Elke Sondag is hier talle mense wat van hulself gee sodat ons bediening so effektief moontlik kan funksioneer. Daar word gedien deur die lofspan, jeugwerkers, gebedsgroep, gasvryheidsgroep, kleingroepe en individue… en daar is plek vir jou! Jy is uitgenooi om saam te kom dien en deel te raak van die groter prentjie van waarmee die Here in hierdie gemeente besig is!

Kyk gerus by die “Dien Iewers” en “Uitreik en Sending” opsies bo aan die webtuiste vir verdere inligting oor hoe jy kan dien.